Philadelphia staan tans hier kort voor Kersfees 2010 voor een van die grootste uitdagings in die 17 jaar van ons bestaan. Ons neem daarom die vrymoedigheid om die situasie openlik te deel en jou te vra om saam met ons die Here te vertrou vir ‘n uitkoms. Oor die afgelope 17 jaar het ons telkens beleef hoe die Here (dikwels bo-natuurlik) lei en voorsien sodat die werk kon uitbrei en groei te midde van groot struikelblokke. Oor die jare is etlike duisende nuwe gelowiges tot die Koninkryk gevoeg terwyl honderde kerkleiers en kinderevangeliste opgelei is en kerke geplant is op plekke waar daar voorheen geen kerke was nie. Ons gee onvoorwaardelik aan God al die eer vir hierdie vrug op ons werk, maar dit sou ook nie moontlik wees sonder mense wat die werk met gebed en finansies ondersteun en die toewyding en harde werk van ons voltydse spanne in Zimbabwe, Malawi en Madagaskar nie. Oor die laaste maande het Philadelphia egter die bytkant van die resessie toenemend begin voel en ons het nou op die plek gekom waar die voortbestaan van ons werk direk bedreig word deur ernstige finansiele tekorte. Nie net beperk dit ons vermoë om in die behoefte vir opleiding en evangelisasie te voorsien nie, maar dit het nou ook die punt bereik waar daar eenvoudig nie voldoende fondse is vir ons spanlede se maandelikse ondersteuning nie.
Philadelphia se inkomste is tans sowat R12 000 onder ons maandelikse begroting, en dis HIER waar ons dringend ingryping benodig. Bid asseblief saam met ons dat die Here in die volgende week of twee sal ingryp, en laat gerus ook van jou hoor indien die Hy dalk iets oior ons situasie aan jou openbaar. Indien jy vrymoedigheid het, deel asseblief ook ons noodroep met ander wat die groot behoefte aan leiersopleiding en evangelisasie in Afrika verstaan en dalk bereid sou wees om daarin te belê deur voorbidding en finansies. ’n Paar mense wat elk selfs net
Laastens – ons besef dat jy soos baie ander dalk tans self onder finansiele druk is en vra daarom dat jy hierdie boodskap sal sien vir wat dit is: die bekendmaking van ‘n dringende behoefte met mense wat ons passie en vir Christus en Afrika deel. Ons glo dat ons tans in die mees opwindende tyd in die geskiedenis van die Kerk in Afrika leef, en weet dat God Philadelphia geroep het om in hierdie tyd ’n rol te speel. Oorweeg jou betrokkenheid dus rustig en biddend, en weet dat ons nie hiermee enige druk op enigiemand wil plaas om meer te doen as net dit waarvoor die Here hom of haar lei nie.
Philadelphia se Bankbesonderhede:
Philadelphia Project, ABSA Bank, Sinoville.
Takkode: 336-945
Tjek rek no: 5260 150 172
Groete in Christus
Manie Bosman
(Uitvoerende Direkteur)
KONTAKBESONDERHEDE HIER: http://www.philadelphiaproject.co.za/Philadelphia/NewsServlet







